Die Haasfamilie

"we don't stop playing because we grow old,
we grow old because we stop playing"
- George Bernard Shaw -
GEEN VERDERE BESTELLINGS MEER
(Elke HasieLief word sorgvuldig met die hand gemaak van 100% katoenmateriaal en gevul met spesiale stopsel sodat die lyfie mooi sy vorm sal behou selfs na vele stywe drukkies. Gesiggies word handgeborduur en klere word individueel gemaak. Klere kan aan- en uittrek, wat sal help om klein handjies nuwe vaardighede aan te leer. Elke hasie is uniek en daarom is dit onmoontlik om twee te hê wat presies dieselfde sal wees.
Twee soorte hasies is beskikbaar in twee verskillende groottes. Die koste per hasie sluit of 'n stel seuntjie- of dogtertjieklere in.
Flapoor Hasies: ongeveer 44cm (R450-R490) en 69cm (R690) lank van kop tot tone
Langoor Hasies: ongeveer 52cm (R450-R490) en 77cm (R690) lank van ore tot tone
Ekstra klere kan bestel word teen R190 vir die kleiner hasies en R270 vir die groter hase. Pryse mag egter wissel na gelang van die materiaal gebruik of ekstra's wat bygevoeg word. Bestellings kan
3 - 8 weke neem, maar kontak my eerder om 'n datum te bevestig.)
(geen pryse sluit posgeld in nie)
